

TANYA SE LEKKER KAASBROODJIE
4 koppies koek meel
2 koppies kaas
1 pakkie kits gis
4 eetlepels suiker
knippie sout
500 – 600 ml lou warm water
Meng al die droë bestanddele saam en voeg water bietjie bietjie by. Voeg kaas by en knie. Laat deeg rys, knie weer af en sit in cast iron pan of ‘n groot brood pan. Laat rys in pan en bak dan teen 180°C vir so 30 min. Ek bak in ‘n gas oond, ‘n elektrisie oond se tyd mag dalk verskil, hou maar die brood dop.
Resep geplaas deur Tanya Bailey
Foto: Tanya Bailey






