

MARINADE SOUS VIR VARKTJOPS OP DIE KOLE
Resep geplaas deur Gideon Louw
Foto: Gideon Louw
1 eetlepel paprika
2 eetlepels tuisgemaakte tamatiesous
½ teelepel chillieflakes
1 eetlepel blatjang
1 eetlepel matige kerriepoeier
2 eetlepels suiker
Meng alles saam en smeer die tjop daarmee en laat marineer vir drie tot vier ure.
Braai soos gewoonlik op matige kole.






