

HEERLIKE WITKOEK
220 g botter
110 g margarien
3 koppies suiker
5 eiers teen kamertemperatuur
3 koppies koekmeel
2 teelepels bakpoeier
¼ teelepel sout
½ koppie melk
½ koppie karringmelk
2 teelepels vanilla geursel
Meng botter en margarien tot lig en donsig.
Voeg eiers een een by.
Sif droë bestanddele saam.
Meng melk, vanilla en karringmelk saam.
Meng nou al drie mengsels bietjie, bietjie saam, begin met meel en eindig met meel
Moet nie oor meng nie.
Bak in 3 x 23 cm gesmeerde panne vir 25-30 min.
Hierdie koek is versier met Switserse botterroom versiersel
SWITSERSE BOTTERROOM VERSIERSEL
5 eierwitte
300 g suiker
1 teelepel vanilla geursel
500 g botter
4 koppie versiersuiker
Meng eierwit en suiker saam oor warm water tot suiker gesmelt is.
Klits met ballonklitser tot styf.
Met platklitser aan voeg nou vaniella by en begin om botter stukkie vir stukkie by te meng.
Die mengsel kyk nou pap en stroperig.
Voeg versiersuiker by en meng.
Plaas in yskas vir so 1 uur.
Smeer krummellaag op koek en tussen lae.
Druk sosatie stokkie in middel en plaas koek in yskas vir rukkie (die versiersel word nou harder maar nog steeds werkbaar).
Jy kan nou die res kleur of netso hou.
Versier die koek soos jy verkies Ek het net mooi toegesmeer en bietjie versiering bo-op geplaas.
Hierdie versiermengsel is bietjie stewiger as gewone botterversiersel en kan jy dus mooi patrone uitdruk sonder dat dit sommer smelt soos gewone sagte versiersel
Resep geplaas deur Hendrika Barkhuizen Kruger
Foto: Hendrika Barkhuizen Kruger







GESKUIF