

EIERVRUG EN “HASHBROWN” BURGER
1 eiervrug, in skywe gesny
sout en peper volgens smaak
tamatie, in skywe gesny
gerasperde kaas
basilliekruid, vars of gedoog
aartappelkoekies (hashbrowns), tuisgemaak of gekoop
spek
olie vir panbraai
Voorverhit die oond tot 190ºC.
Plaas die eiervrugskywe in ‘n voorbereide bakplaat, sprinkel sout en peper oor die eiervrug na smaak.
Plaas ‘n skyfie tamatie op elke eiervrugskyf en sprinkel die kaas en basilliekruid bo-op die tamatie.
Plaas die bakplaat met die eiervrugskywe in die voorverhitte oond en bak vir 25 minute.
Braai die “hashbrowns” in ‘n pan met olie op die stoof tot gaar, verwyder en plaas eenkant.
Braai die spek in dieselfde pan tot gaar en bros.
Vir opdien, plaas ‘n hashbrown op die bord, gevolg deur die gebakte eiervrugskywe en laastens die gebraaide spek bo-op.
Nota: Kan ‘n sous van eie keuse saam met die burger bedien.
Foto en resep: Rianca Kruis







Done