

MOEDER SE CREMORATERT
Meng 1 pakkie tennisbeskuitjie krummels met 80 ml gesmelte botter en 1 teelepel kondensmelk, druk vas in tertbak vir kors.
500 gr cremora gemeng met 1 koppie kookwater, laat yskoud word.
Meng 1 koppie suurlemoensap met 2 blikkies kondensmelk.
Klits cremora tot styf.
Meng alles.
Skep die vulsel in die kors.
Sit in die yskas om te stol.. HEERLIK
Resep: Benhet Nieuwenhuis
Foto: Elize de Kock






