

MODDERKOEK MET SJOKOLADE MOUSSE
Resep en foto: Thalia Rondganger
FOOD LOVERS RECIPES
3 koppies koekmeel
2 koppies suiker
3 teelepels bakpoeier
1 teelepel koeksoda
60 ml kakao
Meng bogenoemde alles saam.
Voeg by meelmengsel:
50 ml asyn
2 koppies warm water
1 koppie visolie
Roer tot goed gemeng.
Bak by 180 ºC vir 25-30 min of tot gaar.
Mousse resep:
250 g gewone sjokolade-smelt in mikrogolf vir 30 sekondes en roer.
Gaan so voort tot sjokolade gesmelt is.
4 eiers, geskei
250 ml room
Klits eers eiergele tot liggeel. Voeg gesmelte sjokolade by en meng goed.
Klits eierwitte styf en voeg by sjokolade mengsel.
Klits tot goed gemeng vir 2 tot 3 minute.
Klits room tot stywe punte en voeg by mengsel. Meng met lepel (moenie klits nie) in en plaas in yskas vir 1½ uur.
Gebruik as vulsel tussen lae koeke en bo-op indien verkies.






