

MANGO EN VANILLA ROOMYS KOEK
Voer ‘n 2 l volume bak uit met foil.
Maak 1 pakkies romany creams fyn, meng met 125 ml gesmelte margarien. Sit in oondpan of pan van jou keuse, ang af watter vorms jy dit wil he en sit bietjie in yskas.
Laat 2 lt roomys net sag word, nie smelt nie.
Meng 1 pakkie vanilla geur (of geur van jou keuse) kitspoeding poeier by met ‘n draadklitser.
Voeg gerasperde peppermint crisp of sjokolade van jou keuse by. Meng goed deur.
Gooi in bak.
Maak mooi toe met foil en plaas oornag in vrieskas.
Om te versier. Klits room styf, gooi bietjie versiersuiker by en klits.
Versier koek daarmee. Ek het paar weke terug ‘n verjaarsdag koek so gemaak en ‘n foto wat op ryspapier geprint is, bo op gesit.
Prentjie moet eers opgesit word as jy koek versier anders bars dit in die vrieskas.
As jy klaar room ens. opgesit het, kan jy dit egter weer ‘n rukkie in die vrieskas sit. (Die kitspoeding help dat dit nie so gou smelt nie) versier soos verkies
Kavuki Staffords se: Ek het hom gemaak net soos Wilma van Niekerk gese het .
Ek het nou net vars mangos gevat en deur ‘n sif gesit en ook klien blokkie vars mango ook in gesit en caramel pudding gebruik
BAIE BAIE LEKKER en EASY PEEZIE om te maak Dankie Wilma van Niekerk dit is ‘n wen een
Resep: Wilma van Niekerk
Foto: Kavuki Staffords






