

LEKKERSTE BEESSTERT OOIT
Gebruik ‘n giet yster pot wat in die oond kan gaan.
Gebruik soveel stukke vleis as wat jy nodig het
Sny 1 of 2 uie in stukke,
2 tot 3 repe celery stalks insluitend die blare,
2 wortels opgesny in stukke en so
3 knoffel huisies hang af van hoeveel vleis jy gaan gebruik.
Vat n groot plastiek sak en gooi genoeg koekmeel daarin om die vleis te dek wanneer jy dit insit.
Ook in die sak voeg die volgende speserye by of soos wat by verkies.
Sout
peper.
Bietjie gerookte paprika
origanum.
Gooi stukke vleis in. Vou sak toe en rol vleis daarin tot goed bedek is met die meel mengsel.
In die kastrol gooi verkieslik olyf olie of wat jy beskikbaar het om die bodem te bedek en op hitte 4/5 braai die stukke vleis wat uit die sak gehaal is en oortollige meel afgeskut is tot goud bruin. Sit apart in ‘n skottel. Moet nie al die vleis op eenslag saam ingooi nie anders sal dit nie mooi bruin bak nie. As dit lyk of daar brandsels onder vassit in die pot moet nie worry nie dis die lekkerste.
Vat die groente wat jy geskil het en braai dit nou als saam in die pot tot taamlik medium sag is.
Plaas nou die vleis weer in die pot en voeg n halwe bottel redelike goeie rooi wyn, water en so 2 blokkies hoender ekstrak om alles te dek by. Jou oond moet so 180 grade C wees. Die bestandele moet eers begin goed kook. Sit deksel op en in die oond. Die beesstert vat ‘n redelik lang ruk maar is dit werd.
Na so ‘n uur kan jy die pot uithaal en proe jy kan ook n half tot vol blikkie tamatie en uie smoor by voeg vir ekstra smaak. Wanneer vleis redelik sag is, getoets met mes se punt of jy kan sien wanneer vleis wegtrek van been, kan jy aartappels by voeg en nog sout en peper na smaak. Wanner als gaar is en jy vind daar is taamlik olie wat bo op dryf kan jy dit afskep want beesstert het nogal taamlik vet wat uitkook. Vir n lekker souserige maal kan jy ‘n bietjie bisto aanmaak met water, nie te dik nie en byvoeg.
Die maaltyd is lekker saam met mash rys of pasta rys.
NOTA: julle kan ook lekker mushrooms byvoeg vir ekstra smaak.
Resep geplaas deur Charmaine Mostert






