

HANS SE GEBAKTE KAASKOEK
Resep en foto: Hans Häfner
FOOD LOVERS RECIPES
Vir die deeg:
330 g koekmeel
130 g suiker
130 g botter
2 eiers
1 Teelepel vanilla GEURSEL
1 teelepel bakpoeier
Smeer pan met botter en dust meel oor dit, druk die deeg in en hoog op teen die kante.
Vulsel:
4 x 250 g maaskaas
300 g suiker
2 x pakkies vanilla kitspoeding
100 ml sonneblom olie
600 ml volroommelk
4 eiers
Meng alles goed en skep in die pan (kors) , voorverhit oond met 200ºC en bak 60-70 minute , skakel oond af en los in oond tot afgekoel.
bon appetit!






