CHOC-CHIP KOEKIES MET HAWERMEEL
2 koppies botter
680 g chocolate chips
4 koppies meel
2 koppies bruin suiker (demerara)
2 teelepels koeksoda
1 teelepel sout
2 koppies wit suiker
500 g Cadbury’s plein sjokolade, gerasper
5 koppies hawermeel (oatmeal)
4 eiers
2 teelepels bakpoeier
2 teelepels vanilla ekstrak
3 koppies gekapte neute (opsioneel)
Verroom die botter, witsuiker en bruinsuiker. Meng die bakpoeier, koeksoda en sout by. Meng die eiers en die vanilla by.
Meng die meel, hawermeel, gerasperde sjokolade, chocolate chips en neute deurmekaar.
Voeg die eier mengsel by die meel mengsel.
Rol balletjies en plaas so ongeveer 5cm uitmekaar op ‘n bakplaat.
Bak vir 10-15 minute teen 180°C.
Maak omtrent 180 koekies.
Nota:
As jy nie hawermeel (oatmeal) in die hande kan kry nie maal jy sommer hawermout in die voedselverwerker tot ‘n fyn poeier.
Die mengsel mag dalk droog lyk, maar die balletjies klou wel saam.
FOTO: Wayne Dugmore