

BULLY BEEF EN CHAKALAKA PASTA
Resep geplaas deur Johan Steyn
Foto: Johan Steyn
FOOD LOVERS RECIPES
500 g gaar macaroni
500 g maalvleis
2 blikkies soutvleis (Bully Beef)
1 koppie gekapte soetrissies
250 g gevriesde gemengde groente
1 fyngekapte ui
200 g gekapte spek
1 koppie gerasperde cheddarkaas
1 blikkie chakalaka (sterkte van jou keuse)
1 pakkie sampioensous (of soort van jou keuse)
Braai die uie, soetrissie en bacon saam in ‘n kastrol tot die uie sag is.
Voeg die maalvleis by en roerbraai tot gaar.
Maak die soutvleis rofweg fyn en roer deur die maalvleismengsel tot dit deurwarm is.
Skep die macaroni onder in ‘n groot oondbak en voeg die gaar vleismengsel bo-oor.
Maak die sous aan en giet bo-oor.
Bedek dit met kaas en bak in die oond by 180ºC tot die sous gestol het en die kaas goudbruin is.






