

VARS GROEN ASPERSIES MET SPEK
2 pakke vars groen aspersies
500 g spek
Olyfolie
Growwe sout en peper
Sny agterpunt van aspersie af. Skil buitekant af met groenteskiller. Net sodat die harde velletjies af is. Maak bondeltjies van twee aspersies, draai spek om en steek vas met tandestokkies. Pak in n bak, sprinkel olyfolie oor, en geur met sout en peper. Moenie te veel sout oorgooi nie want die spek se sout trek lekker in die aspersies in. Plaas op braai rooster, oor matige kole en braai vir ongeveer 15 – 20 minute. Draai gereeld. Heerlik as n bykos vir braai of net so op sy eie.
Resep bron en foto: Charleen Nieuwenhuizen






