

SKENKEL EN GROENTEPOT
1 kg skaap skenkels
Drie aartappels geskil en in kwarte gesny
Drie wortels geskil en in repe gesny
1 pakkie sampioene gehalveer
1 teelepel chillieflakes
1 teelepel sout
1/2 teelelpel wit peper
1/2 pakkie bruin uie soppoeier
2 koppies water
Braai die skenkels mooi bruin en voeg die gekerfde uie by
Braai nog n rukkie en voeg die aartappels by asook die water en die wortels, sout en peper en chillie flakes.
Prut stadig vir ongeveer 1 uur
Voeg die sampioene by en prut vir nog n halfuur
Skep van die potjie se sous af omtrent n halwe koppie en meng met die halwe pakkie soppoeier
Prut vir nog n half uur
Bedien op n bed rys saam met soet pampoen
Resep geplaas deur Gideon Louw
Foto: Gideon Louw






