

SITRUSBROODJIE
250 ml koue Earl Grey-tee ( of enige swart tee van jou keuse)
200 g gemengde droë vrugte
250 g bruismeel
125 ml bruinsuiker
2,5 ml sout
45 ml lemoenmarmelade
Ongeveer 100 ml melk (opsioneel)
Meng die droë vrugte en tee in ‘n bakkie en laat oornag staan.
Voorverhit die oond tot 180 grade C en smeer ‘n brood pannetjie.
Meng meel, suiker en sout.
Voeg die marmalade by die vrugte mengsel dan die meelmengesel en meng goed deur.
Giet in broodpannetjie en bak vir 1 – 1 1/2 uur.
LEMOENGLASEERSEL
30-45ml lemoenmarmelade
180ml versiersuiker
Meng en giet oor broodjie
Resep geplaas deur Hannetjie Snyman
Foto: Hannetjie Snyman.






