

MAUREEN SE SPESERYKOEKIES
6 koppies koekmeel
6 teelepels bakpoeier
250 g Rama
2 koppies suiker
3 eiers
1 teelepel gemmer
1 teelepel kaneel
½ teelepel koeksoda in ‘n bietjie melk op gelos
Room Rama en suiker.
Kilts eiers en koeksoda by.
Voeg droë bestanddele by.
Maak stywe deeg, rol klein balletjies en druk plat. Smeer geklitste eier oor en bak teen 190°C vir 10-12 minute.
Ek rol deeg uit en gebruik cookie cutters en ek sit ook nie eier oor voor ek dit bak nie.
Resep geplaas deur Jacqui Van Zyl Hodgkinson
Foto: Jacqui Van Zyl Hodgkinson







geskuif