LIESLAP IDEES
(skaap of lam)
Delene Breytenbach
Wil graag weet of lieslappe lekker is as dit op kole gebraai is tot crispy.
Esmeralda Brown Pretorius
Met aromat en suurlemoen sap is dit heerlik so gebraai.
Arushka Bothma
Baie lekker gebraai met growwe sout om dit crispy te maak.
Wilma Scott
Dink dit gaan taai wees, maar probeer dit dan laat weet jy ons.
Delene Breytenbach
Gedink om dit te marineer en dan te braai. Het dit altyd maar in sop gebruik en dan net die taai vliesies uitgehaal.
Marie Estelle Smit
Die lekkerste vleis om te braai, kook dit eers bietjie voor die tyd!
Mareli Grobler
Le bietjie in met suurlemoen sap, koriander, swart peper en growwe sout. As jy kan, hang dit vir ‘n nag of twee. Afhangende van die temperatuur. Onthou as dit warm is, moet jy dit deur die dag in yskas sit. Braai heerlik crispy en het lekker smaak.
Liselle Ferreira Labuschagne
Baie lekker en nog lekkerder om dit koud te eet nadat dit gebraai is.
Ancia Bower
Die lekkerste om dit in n gasstoof uit te braai.
Nicolene van der Walt
Ek maak weer kaiings met die lieslap. Sny in blokkies en sommer in die swart pot op die stoof.
Cape Town Glenda Alexander
What is it called in English please?
Delene Breytenbach
Glenda it is flank. That is the piece that extents from the ribs over to the stomach.
Christa Hayes
Peper, koljander en meat tenderiser. Sny die buitekant oorlangse snye en weer in ander rigting ook dat dit blokkies of diamantvorme vorm. Spesery en laat lê vir tydjie. Braai op stadige kole. Heeeeerlik.
Elnorène du Toit
Lekker aromat / braai spice met suurlemoen sap. Dis DIEP lekker!
Anne-Marie Perold Van Niekerk
Ek maal dit saam met my ander maalvleis.
Marinda Kitching
Heerlik, probeer gerus. Jy gaan jou lippe aflek!
Adele Horn
Ja dit is heerlik. Vra jou slagter om dit deur die meat tenderiser te sit.
Corianna Titus
Dis die lekkerste lekker, ek het eendag nie suurlemoen gehad nie toe lê ek dit ‘n ruk in bier, was glad nie taai nie.
Marné Louw
Jy kan dit in blokkies sny en dan beentjies soos koeksisters, vleg dit en lê dit in
1 pk sparerib marinade
1 kp water
½ koppie tamatiesous
½ koppie blatjang
¼ koppie bruinsuiker
½ koppie sparerib marinade (die bottels)
¼ koppie asyn.
Marineer vir 3 dae in yskas, jy kan dit dan vries in die sous. Haal uit ‘n dag of so voor braai en gooi suurlemoensap en matige speserye oor. Dit is lip-lek lekker. Steek die punte vas met tandestokkies
Leilani Botha
Sny die lieslappe in klein blokkies en braai uit soos vir kaiings. Net sout en witpeper. Heeeeeerlik!
Petro Botha Darlene
Ek maak ‘n rolletjie van die lies. Draai toe in foelie en bak in die oond, net genoeg vir my en Boks.
Elsabie Templeton
Ek sal dit eers netso heel in stoompot gaarmaak wat dit sag gaan maak en dan op vuur rooster tot krakerig.
Alta Gunter Van Dyk
Sny in repies, sprinkel met Barbeque speserye en braai crispy op warm kole, heerlik.
Elize de Kock
Dit maak ‘n lekker rol ook.
Pam Cloete Saal
Ek maak dit in die slow cooker gaar met net uie sout suurlemoenpeper.sal dit vlg keer braai.
Corrie Swanepoel
Baie lekker as jy dit maak soos tamatie bredie in die winter sag gekook met aartappels uie tamatie sout en peper bietjie suiker gooi oor rys.
Ellen van Eeden
O ja. Vleg dit soos ‘n koeksister en braai oor die kole.
Adri van Staden
Skaapbredie! Kook dit net lank genoeg sodt dit sag is en julle gaan lekker eet!
Charmaine Faulds
Ek het hom al gestop met “spicy” mince en kaas. Bind vas met tou en bak. Dis ook heerllik.
Rita du Toit
Ek maak gewoonlik n kerrie of lekker fynvleis vir n pastei.
Johanna Koortzen
Ek sny dit graag blokkies en maak lekker kerrie en rys daarmee. Lekker.
Rina Kleinhans
Dit maak ‘n heerlike rol, stop dit net lekker, ek sit sommer steak mince in dit wat lekker geurig is, rol op en maak vas en laat dit lekker stadig in die oond bak in ‘n baksakkie. Jy kan dit ook lekker sag kook met uie en spesery, dan pluis jy dit en gebruik dit in ‘n eerlike pastei
Comine Visser
Ek sny dit blokkies (haal die “tub” gedeelte uit) Braai dit stadig met baie uie in ‘n dikboompot. Voeg baie sampioene by. Wanneer gaar, maak dik met ‘n pakkie sampioensous. Bedien saam met rys. Lekker!
One thought on “LIESLAP IDEES”
Leave a comment
You must be logged in to post a comment.
Geskuif