

LIESEL SE GRANADILLA JOGURT TERT
500 ml jogurt
1 pakkie jellie
250 ml kookwater
1 blik kondensmelk
vars of ingemaakte vrugte
Granadillamoes of vars Granadilla
1 pak tennisbeskuitjies
Meng die jellie en kookwater en laat dit afkoel. Klits jogurt, kondensmelk, en vrugte saam tot goed gemeng en voeg die afgekoelde jellie daarby en meng.
Pak die beskuitjies in ‘n tertbak en giet die jogurtmengsel bo-op die beskuitjies. Plaas die tert in die yskas om te stol.
Giet die Granadilla oor die tert wanneer dit gestol is en bedien.
Nota:
Gebruik enige geur jogurt van eie keuse en gebruik dieselfde geur jellie. Suurlemoenjellie is veilig om saam met enige jogurt te gebruik aangesien daar nie alle geure jellies beskikbaar is nie.
Resep getoets en foto: Liesel Burger






