

KOUE TUNA PASTASLAAI
Resep deur Marieta Beeselaar
FOOD LOVERS RECIPES
½ pakkie pasta van keuse, gewoonweg gekook (ek hou meeste van die klein skulpies hiervoor)
2 blikkies tuna, gedreineer
1 koppie pit mielies
2 tamaties, klein gesny
½ komkommer, klein gesny
½ groen soetrissie, klein gesny
1 ui, fyn gekap
1½ koppie mayonaise
¼ koppie chutney
sout en peper na smaak
Meng alles lekker deur.
Laat lekker koud word in yskas.
Genoeg vir 4 mense.
Maak sommer dubbeld aan, want almal baklei die volgende dag oor die laaste bietjie.






