KOTIE SE BEPROEFDE PANNEKOEK MET VLAPOEIER
‘n Baie ou beproefde resep wat vir baie lank ‘n groot geheim was, aangesien ek dit in my Coffee Shoppe gebruik het.
Sif saam:
3 koppies koekmeel
3 eetlepels vlapoeier
1 teelepel bakpoeier
½ teelepel sout
Klits saam:
6 eiers
5 koppies water
1 eetlepel asyn
¾ koppie olie
Voeg eiermengsel by meelmengsel. Meng goed en bak soos hieronder verduidelik.
Dis lekker indien dit ‘n rukkie kan staan maar in die winkel was daar nie rêrig tyd vir staan.
Bak ongeveer 18 pannekoeke.
Baie mooi kleur en besonders met die vlapoeier, rêrig ‘n sterresep.
Nota: Ek gooi die meel sommer alles by die eier terwyl ek dit goed klits. Spuit net die pan vir die eerste pannekoek. Wanneer mooi bruin aan beide kante, gooi uit in ‘n houer met ‘n deksel om dit lekker warm te hou. Dis die tyd wanneer hulle lekker sag en fluffy word. Kan ook gebruik word vir gevulde pannekoeke of kaneelsuiker of wat jy ookal daarop wil hê.
Foto en resep deur Kotie Barwise Coetzer
Delene Breytenbach:
Ek meng nat- en dan al die droë bestanddele op een slag. Dan klits jy tot al die klontjies uit is. Dit moet goed geklits word sodat die gluten kan ontwikkel. Dan staan dit vir ten minste 10 min. (in die tyd kry ek my kaneelsuiker reg, pan met water met bord bo-op. Die water moet basies net stoom om pannekoek warm te hou). Die pan moet warm wees, as jy die eerste beslag ingooi moet dit sis. Draai pan met pols sodat al die oppervlak bedek is. As die boonste gestol het draai om en bak vir paar sekondes gooi uit in ander bord. Maak dit toe met deksel sodat dit heerlik warm en klam bly.
Oorgedra na Your Recipe Blog