

KOOLBREDIE IDEES
Luzelle Bredenhann
Braai een ui in ‘n pot met skenkels tot lekker bruin. Gooi grof gekerfde kool in en dan later jou aartappel. Voeg ‘n bietjie water by. Net voor opdiening so teelepel bisto met ‘n klein bietjie water aangemaak. Geur met sout en peper.
Hannie Marais
Braai medium ui, voeg fyn gekerfde kool by en bietjie botter. Braai tot gaar (jy kan kookwater so bietjies byvoeg sodat dit net nie brand nie). Dan voeg jy gaar gekookte blokkies aartappels by. Weer bietjie kookwater. Sout, peper, aromat na smaak. Kook tot daar geen vloeistof in pot is. Gooi in gesmeerde oonbak. Maak ‘n witsous. Gooi bo-oor, dan gerasperde cheddar kaas. Bak in oond 180 grade. Jy kan 500g gebraaide maalvleis ook daarby inroer vir ‘n heerlike bredie.
Jacqueline Jordaan
Braai 1 ui tot ligbruin in kastrol bietjie olie. Skep uie uit.. Seël vleis in dieselde kastrol. voeg uie dan by vleis. Voeg genoeg water by en kook vleis tot amper sag voeg kwart gesnyde aartappels by.
Neem kool maak blare los. Sny harde stingel van blare af.
Pak die heel blare oor aartappels en vleis. Kook tot nog liggroen en sag.
Sny met mes die kool in repe wat bly oor vleis en aart. Sny 1 medium tamatie in blokkies gooi bo oor kool kook tot sag.
Voeg knippie neutmuskaat by asook 5 blertse worcestersous . Roer pot deur.
Bind sous met bietjie maizena en bisto (eers gemeng met bietjie water) onthou om sout en peper by vleis te gooi wanneer kook en dan laastens voor deurroer na smaak weer by te gooi.
My kinders hou baie van koolbredie asook gaste.
Foto: Adam Cloete






