

DRIE LAAG WORTEL-BEET-PYNAPPEL GESTOLDE SLAAI
WORTELLAAG
1 pakkie lemoen jellie
1 koppie kookwater
1 koppie fyngerasperde wortels
Los jellie op in kookwater en voeg wortels by.
Skep in vorm en laat stol.
PYNAPPELLAAG
1 pakkie pynappeljellie
1 koppie kookwater
1 blik fyn pynappel gedreineer (410g)
1 koppie kaas
250 g geroomde maaskaas
Los jelie op in kookwater. Laat afkoel en voeg res by. Meng en skep oor gestolde wortellaag.
BEETLAAG
1 pakkie kersiejellie
1 koppie kookwater
1 koppie gerasperde gaar beet
Los jellie op in kookwater. Laat afkoel en voeg beet by. Skep bo op en laat in yskas stol oornag.
Keer uit vorm en versier met wortel repies.
Resep geplaas deur Erna Van der Merwe
Foto: Johan Coetzee.







Geskuif