

DONINIQUE EN LULU SE TRIFLE MET ‘N TWIST
2 pakkies Jelly, verskillende geure
1 blikkie kondensmelk
3 eet lepels Suurlemoensap
1 pakkie marie beskuitjies of tennis beskuitjies
3 eet lepels Vla poeier
Kwart koppie melk
Halwe koppie kook water
200 ml room
3 Eetlepels Versiersuiker
n paar toppers choc koekies of maklike koekies om te kan krummel. (Of alternatief dink flake of pepermint chrisp kan ook lekkker wees.
Maak jelly in aparte bakkies aan, en gooi net die een in jou bak waarin jou tert gaan, sit solank so 2+ ure in yskas om te stol, ek sit so paar ys blokkies in om vinnig af te koel vooraf inplaas van koue water.
Maak jou ander pakkie jelly ook in aparte klein bakkie an maar hy moet so 2 cm hoog le. En laat ook stol maar in deep vries sodat hy n meer solide voorkoms het.
Sodra jou jelly reg is, meng vla poeier en melk saam jou versiersuiker, gooi dan jou kookwater by en meng n kwart blikkie kondensmelk by asook jou room,
klits goed terwyl jy als meng, hy is bietjie loperig nog maar om te stol in jou poeding sit jy hom in microgolf en kyk en roer kort kort tot dat hy begin verdik,
haal dan uit en laat bietjie afkoel, terwyl hy afkoel, meng apart die oorblywinde kondensmelk met jou suurlemoensap.
Skep nou jou kondensmelk mengsel oor jelly en maak gelyk, pak 1 laag beskuitjies, en skep jou vla mengsel oor,
sny jou tweede bakkie jelly ( efens gevries) in vorms ( grooter vorms breek nie so maklik nie) skep bo op jou vla en druk in vla met lepel om te sink , krummel jou koekies bo op en sit in yskas vir 2 + ure om te stol .
vir n meer soet suur tussen in, verdubel net jou kondensmelk mengsel.
Resep en foto: Dominique Oosthuizen






