DOMINIQUE SE MAKLIKE VETKOEKIES
Vinnige maklike vetkoekies nou sommer vir lunch gemaak. My kids is mal daaroor en is sag en pof binne en nie olierig nie. Geen gis nodig.
2 koppies koekmeel
2 teelepels bakpoeier
knippie sout
1 koppie water
2 eiers
1 eetlepel suiker
Meng droë bestanddele in jou mengbak en in ‘n aparte bak meng water, eiers en suiker. Roer nat bestanddele in by droë bestanddele. Deeg moet slap en bietjie loperig wees. Maak jou olie baie warm en sit jou plaat op ‘n redelike lae hitte, ek vat myne van 8 af na 3-4. Laat olie bietjie stadig afkoel, sodat dit nog bruis as jy jou bolletjie insit. Met ‘n “nie groter” as ‘n eetlepel lepel, skep deeg en laat loop af in jou olie in. As dit te groot is, kom dit rou binne uit.
Laat vetkoek dan stadig gaar word, as dit te vinnig braai, brand dit en kom rou uit. Dit trek glad nie olie soos gewone vetkoek nie, so steek maar met ‘n mespunt om te kyk of die deeg gaar is voor jy dit uithaal. Dit vat my minder as ‘n halfuur om ‘n groot bak vol te maak met ‘n dubbel beslag.
Kids is mal daaroor omdat dit ‘n soet smakie het en gepof en sag is. Sit gerus bietjie kontyt of stroop op, dis heerlik.
Resep geplaas deur Dominique Oosthuizen
Foto: Rina Kleinhans
Nota: Ek het die resep halfveer en ‘n halwe teelepel bakpoeier ekstra bygesit, en kon 8 klein vetkoekies uitkry… regtig baie baie lekker
Foto: Ronell Muller Boshoff – Ek het bruismeel en loumelk gebruik nie water nie.
Gedoen op nuwe blog