

CHANTELLE SE MADEIRA KOEK
270 g ongesoute botter
270 g strooisuiker
4 eiers
70 g bruismeel
220 g koekmeel
2 teelepels vanilla ekstrak
2 eetlepels melk
Klop botter en suiker tot lig en donsig.
Voeg eiers een vir een by.
Sif die meel saam en vou dit in by die eier mengsel.
Voeg die melk en vanilla by en meng net tot gemeng.
Die mengsel is genoeg vir 2 by 6″ koek pannetjies.
Ek het die mengsel 6 keer aangemaak om twee lae 12″ te kry.
Het gewone botterroom versiersel gemaak en het die fondant gekoop.
Die blommetjies en rose self gemaak.
Resep en foto: Chantell Scheepers Mustoe






