


BOTTERSKORSIE- EN FETASLAAI MET TUISGEMAAKTE SLAAISOUS
Maak eers die slaaisous:
(genoeg vir medium slaai)
2 groot eiers
8 eetlepels suiker
125 ml bruin asyn
Klits eiers goed, voeg suiker by en hou aan klits tot opgelos, voeg asyn by en klits alles mooi saam.
Ek klits alles sommer in ‘n klein stainless steel bakkie. Plaas dan die bakkie op ‘n klein kastrolletjie met kookwater. Dit stoom dan gaar. Die mengsel sal verdik, hou aan met roer.
Laat alles mooi afkoel (anders gaan die melk skif) en voeg ¼ koppies melk by. Voeg nog melk by indien jy die sous dunner wil hê. Plaas in yskas tot gebruik. Baie lekker as sous vir aartappelslaai. Ek het dit as sous gebruik vir feta en botterskorsieslaai.
Slaai:
1 medium grootte botterskorsie
‘n paar rou grondboontjies
2 black pepper Fetaringe
1 pakkie “baby salad leaves”
Skil die botterskorsie en sny in skywe. Rooster in die oond (ek het dit net so in die oond op bakplaat gesit sonder olie of iets) tot gaar maar steeds ferm. Rooster die rou grondboontjies saam vir die laaste paar minute. Laat alles afkoel en sny die botterskorsie in blokkies. Meng ligweg met die grondboontjies.
Sny Fetaringe in blokkies en voeg by bogenoemde mengsel.
Neem die “baby salad leaves” en meng ligweg in. Giet laastens die slaaisous oor.
Resep geplaas deur Christelle van Rooyen
Resep van slaaisous: Ouma Aletta van Rooyen
Foto: Christelle van Rooyen
Foto: Cornelia Walkinshaw Bosman – het net die grondboontjies uitgelaat.








geskuif