

BAR-ONE RICE CRISPIE KOEKIES
4 stafies (44 g elk) Bar-one-sjokolade
120 g botter
150 ml suiker
25 ml gouestroop
4 x 250 ml (4 koppies) Rice Crispies
Smeer of spuit ‘n 15 cm koekpan. Breek die sjokolade in blokkies en voeg die botter, suiker en gouestroop by. Verhit oor stadige hitte totdat die sjokolade gesmelt is, roer nou en dan.Voeg die rysvlokkies by en meng deur. Druk vas in die voorbereide pan en laat afkoel tot stewig. Sny in blokkies en bere in die yskas. Lewer sowat 25 blokkies.
Resep geplaas deur Hester Harding
Geraldene Camons Cartwright – Vir ‘n variasie, voeg 1 koppie klapper en gekapte “sout peanuts” daarby.






