

ANINA SE GUNSTELING VRUGTEJELLIE
Hier is my kinderdae gunsteling Sondag middag poeding
2 blikkies ingelegde vrugte (guavas / perskes / pynappel of vrugteslaai werk lekker)
1 blikkie kondensmelk
2 pakkies jellie (enige geur van jou keuse)
250 ml kookwater
Meng albei pakkies jellie met kookwater en roer tot opgelos. In ‘n ander bak, meng ingelegde vrugte en stroop (indien dit perskes, guavas of pynappel is, sny in kleiner stukkies), en kondensmelk goed deur. Voeg nou die jellie by en roer deur. Plaas in yskas vir 2 ure (roer na 30 min deur sodat vrugte nie afsak nie). Dien op saam met styfgeklopte room of roomys.
Foto en resep deur Anina Kotze







geskuif
Elize Grobbelaar
Het die poeding baie gemaak en daarna verwys as baba poeding. Net die kondensmelk vervang met joghurt. Joghurt smaak en geur jellie volgens vrugte wat beskikbaar is.