

ANEEN SE SOUSKLUITJIES
2 eetlepels koekmeel ( bietjie hoog )
2 eetlepels maizena ( bietjie hoogvol)
2 eiers
3 koppies melk
Knippie sout
Meng mielieblom en meel met 1 koppie melk en geel van eiers. Roer mengsel in kookmelk. Haal af en klits styfgeklopte eierwit in. Skep lepelsvol in bak en strooi pypkaneelsuiker en botterstukkies bo-op. Sit in oond om te smelt. Bedien warm.
Foto en resep geplaas deur Aneen Ferreira






