

STEAK MET SOPPOEIER IN DIE OOND
Braai 1 of 2 uie en sampioene tot sag, hang af hoeveel steak jy gaan maak.
Sprinkel die helfte van 1 pakkie Bruin uie soppoeier (droog) onder in kasserol
Sny die steak in porsie grottes, kap met vleishammer en pak bo-op die soppoeier in die pan.
Sny 3 vars knoffelhuisie in groot stukke en pak tussen die vleis
Sprinkel bietjie balsamiese asyn en olyfolie wat gemeng is bo-oor
Gooi uie en sampioene oor die vleis
Sprinkel res van soppoeier bo-oor en sprinkel met ongeveer ‘n halwe kp rooi- of rose wyn
Sit deksel of maak toe met foil en bak by 180º C vir 30 min. Draai die oond af na 150 grade C en bak ‘n verdere 2 ure.
Resep en foto: Rina Kleinhans






