


SPEK, JALAPĒNO AND PARMESAN QUICHE MET SALTICRAX TERT KORS
200 g Salticrax beskuitjies, fyngemaak en gemeng met 150 ml gesmelte botter, groot knippie rooipeper en gerookte paprika.
Druk in quiche/tertkors en sit in yskas om te stol.
Vulsel:
200 g stukkies spek gebraai tot krakerig saam met
1 koppie ryp Rosa tamatietjies
Jalapēnos na smaak (ek het 4 gebruik, oopgesny en pitte verwyder en toe in stukkies gesny)
1 koppie wit cheddar kaas gerasper
250 ml vars room
125 ml fyn Parmesan kaas
3 eiers
Kilts die eiers en room saam.
Skep die spek en tamatie op die bodem van die tertkors.
Sprinkel die jalapēno en gerasperde kaas bo-op.
Gooi die eiers en room mengsel oor die spek en tamaties.
Gooi die fyn Parmesan egalig bo-oor en bak in voorverhitte oond.
Ek het in my LG Solardom oond gebak:
Voorverhit die oond volgens aanwysings vir die oond .
Speed Combi 5, 200°C + M/W 360W
Bak vir 20 minute.
In gewone elektriese oond sal ek voorstel bak op 180° vir 30 minute en toets. Die vulsel moet gestol maar nie droog wees nie.
NS: die Parmesan veroorsaak die lekker krakerige korsie bo-op.
Foto en resep: Elsabie Tempelton
2de foto: Ek het vanaand hierdie quiche gemaak met baba spinasieblare, feta en gebraaide spek stukkies.

Nota: Hierdie is my basiese resep maar het vanaand ham, kaas, ertjies en feta gebruik. Die slaai is gepiekelde komkommer in wit wyn asyn en rys asyn met suiker, sout en peper. Ek het nie Salticrax gehad en toe Cream Crackers gebruik vir die kors.
Foto: Elsabie Templeton







geskuif