

SPARE RIB IDEES
Liezl Wohler
Ek wil graag spare ribs soos spur s’n maak. Kan ek die ribs oornag in hulle basting sauce marinade en dan die volgende dag in foil in die oond bak? Vir hoe lank? Wil dit dan graag op die kole gooi vir n crust na die tyd. Het enige iemand dalk ervaring met dit? Baie dankie.
Charmé Grobler
Spur se ribs is precooked voor hul op die grill gaan en word eers na hul gaar is in die basting sous gedoop anders brand dit.
Debbie Charlton Cunningham
The secret to really tender ribs is to simmer them for a while before hand. Baste with the sauce and them roast them till they are nice a brown and sticky.
Li Machill
I used to render the ribs in a brine. Simmer on stove top for about 45 min. Water, vinegar and spices. Once cooked, take them out the hot brine and let them dry for a few minutes. Then coat them with the basting sauce. Then grill or braai. Just a note – the Spur sauce has a high sugar content and burns quite quickly if fire is too hot, so just watch that.
Petré Van Jaarsveld
Spare rib word eers gekook tot sag. Marineer dan met coke, tamatiesous, chutney, worcestersous en of sojasous. Indien dit op die kole gebraai word, kan die basting sous die laaste 3 tot 4 minute aangesmeer word, anders brand dit.
Nicolaas Martinus Swanepoel
Precook, grill en baste met ‘n warm sousie. Hou net baie mooi dop as jy dit kook, want jy wil nie hê dit moet uitmekaar val as jy dit grill nie. As jy op die kole braai dan baste jy op die laaste, anders brand dit. As jou hitte medium is, baste meer gereeld.
Rina Van Der Merwe
My gunsteling. Koop knor spare rib marinade by die chutneys ens. Gooi bietjie onder in jou bak wat deksel het. Sny jou rib in so 3 dele en gooi sous oor en weer as jy nog het. Maak toe en sit in oond vir 1 uurr op 180°C. Draai die vleis bietjie bo na onder en onder na bo. Nog so 30 min. Sit oond af en wag tot jy reg is vir braai. Baste die vleis terwyl jy dit op die kole het. Oppas dat jy nie jou vingers raak byt nie lol. Hierdie resep is die wenner
Liezl Wohler
Ek het n paar weke terug met die steers marinade presies so gemaak en dit was lekker maar wou ‘n ander marinade probeer en seker maak ek doen dit reg.
Hein Viljoen
Sit jou droë spice op. Ek gebruik deli spice se magic rasher spice (maar enige bbq tipe spice sal werk). Draai toe in foelie. Bak op 140°C vir 2 tot 2.5 ure. Hy moet sag wees maar nie uitmekaar val nie. Sit op die braai en baste met jou gunsteling marinade.
Kobus Botha
Ons kook ons spare ribs eers in worcester sous en water vir 10 tot 15 minute. Dan laat afkoel en dan braai ons dit op die kole in Spur sous. Dit is dan reeds gaar, braai dit net om dit kleur te gee. Baie lekker.
Martha Cook
Die geheim van ribs en eisbein het ek jare terug in hotel skool geleer. Toe was daar nog net 1 in die land in Braamfontein. Jou ribs en eisbein word met gelyke dele bier en water met bietjie origanum vooraf gekook. Net voor jy hom van die grill af haal, word hy met basting sous gesmeer. Dieselfde vir steak ook, word ook gebaste voor hy af gehaal word.
Etienne Stander
Ek smeer weer Checkers se championship sous aan as my ribs klaar is. Sit ribs terug in braaibak dan gooi jy jou tjips wat jy gedeep fry het bo-op ribs en sit deksel op en maak die tjips warm op vuur dat hy stoom. Ek maak dit weekliks en die smaak van tjips met sousie is uit die boonste rakke.
Mary Lee-Ann Parker
Ek kook my ribs tot heeltemal sag, dan basting van 150 ml rooiwyn, 150 ml ketchup, 150 ml chutney, 75 ml worcestersous, 75 ml coke en bietjie tabasco.






