

ROOIKOOL- EN LENSIEBREDIE
1 gekapte ui
1 groot wortel, dun skyfies gekerf
500g bredie varkvleis
½ rooikool, dikkerig gekerf
1 koppie lensies, goed afgespoel
1 blikkie gekapte tamaties
2 koppies groente- of hoenderaftreksel
1 eetlepel fyngemaakte heel koljanderkorrels
1 teelepel cuminpoeier
2 teelepels fyn knoffel
gekapte rooirissies na smaak
sout en peper na smaak.
Braai die uie en wortels in ‘n klein bietjie olie in ‘n kastrol oor medium hitte vir ongeveer 5 minute. Voeg die koljander, knoffel en vleis by en braai tot die vleis verbruin het. Voeg die hoender / groenteaftreksel by, saam met die blikkie tamaties en die lensies. Bedek die kastrol en prut vir 30 minute. Voeg nou die cumin, rissies, sout en peper by asook die kool. Indien nodig kan nog ‘n bietjie water bykom. Indien die aftreksel reeds sout bevat, is dit beter om eers die sous te proe voor ekstra sout bygevoeg word. Bedek en kook verder vir nog 15 minute.
Resep geplaas deur Adam Cloete
Foto: Adam Cloete






