RIBBOK GROENTEPOT
Ongeveer 800 g gaar en fyn ribbokvleis (myne is afgekook van bene en in pakkies gevries met sous)
1½ koppies McCain Hawaiian Stirfry groente
½ koppie gevriesde ertjies
1 medium gekerfde wit ui
1 koppie rou macaroni
1 koppie blokkies gevriesde boerpampoen (of ander groente van jou keuse)
1 pakkie Knorr brown onion soup
sout, Aromat en peper na smaak
gedroogde knoffelkorrels na smaak
Gooi vleis, gevriesde groente (behalwe pampoen), ui en macaroni in ‘n medium pot en verhit. Maak seker daars genoeg sous om alles in te kook of voeg bietjie water by. Voeg sout, peper, bietjie Aromat en knoffelvlokkies by. Voeg die gevriesde pampoen by sodra die macaroni amper gaar is. Maak die soppoeier met klein bietjie water aan en voeg by vir smaak en dikker tekstuur soos benodig sodra alles gaar is. Roer gereeld dat pot nie aanbrand onder na sop bygegooi is nie.
Resep geplaas deur Christelle van Rooyen
Foto: Christelle van Rooyen
One thought on “RIBBOK GROENTEPOT”
Leave a comment
You must be logged in to post a comment.
geskuif