

OUTYDSE SOET SUUR BEET
2 eiers
Halwe koppie suiker
Driekwart koppie asyn en vul dan koppie verder met water.
Klits alles saam in kastrol en kook todat dit borrel. Rasper dan gaar beet en gooi sous oor.
Genoeg sous vir omtrent 2 bossies beet wat gaar gekook is. Dit kan ook gebottel word.
RESEP: Alta Potgieter






