

MURGPAMPOENTJIE TOEGEDRAAI IN SPEK
Voorverhit oond tot 180 grade C.
Was vars murg pampoentjie in water en maak droog. Draai repies spek om die murg pampoentjie en plaas in ‘n gesmeerde oondvaste glasbak. Strooi aromat of sout en peper na keuse. Ek het ook bietjie olie oorgestrooi. Bak ongeveer 8 min aan ‘n kant tot die spek krispy raak. Spek raak krispy maar murg pampoentjie nog steeds ferm en kraakerig nie pap nie. Bedien saam met kapok aartappels.
Resep en foto: Christelle van Rooyen






