


KONDENSMELK KOEKIES IN GROOTMAAT
Sandra baie dankie vir jou resep. Dis lieflike deeg om mee te werk. Kinders sal te lekker kan koekies bak. En dit maak BAIE! Ek het so lekker gespeel en helfte van die deeg moet maar eers vrieskas toe
12 koppies koekmeel
4 eiers
1 pakkie kremetart (12 g)
1 eetlepel stroop
1 blik kondensemelk (385 g)
1 pakkie koeksoda (14 g)
900 gram botter
2 1/2 koppies suiker
Meng suiker en botter voeg eiers een vir een by.
Voeg stroop en kondensemelk by en meng goed. Sif meel en koeksoda en kremetart saam en voeg by mengsel. Meng tot stywe deeg rol uit en bak in matige oond. (Die dun uitgerilde koekies bak so 10 min. Die balletjies bietjie langer.
Resep: Sandra Gardiner
Foto: Erna Van der Merwe en Frances Smith – halwe resep gemaak







geskuif
Miemsie De Klerk
Die beslag werk wonderlik deur dit met die koffie meuletjie te draai, ek deel dit gewoonlik in 4 en meng soos ek goed dink iets by bv gemmer, klapper, vlae, coco poeier. Dit was ons grootword huis se kerskoekie resep. Geniet dit