


“KANNIE OPHOU” OUTYDSE SOETKOEKIES
Resep en foto: Amanda Conradie
2de foto: Anita Smit
FOOD LOVERS RECIPES
Outydse soetkoekies gebak. Nou kan ons nie ophou eet nie – Elize!
Stel oond op 180°C.
Sif saam:
7 ½ koppies koekmeel
1 teelepel kaneel
1 teelepel fyn naeltjies
1 teelepel gemengde speserye
1 teelepel sout
3 teelepels bakpoeier
Voeg 3 koppies bruin suiker by
Vryf 250 g margarine en 125 ml vet daarin tot lyk soos mieliemeel-tekstuur.
Klits 7 eiers.
Voeg 3 teelepels koeksoda in 40 ml brandewyn en roer dit met eiers en bakpoeier saam met 100 ml melk by meelmengsel.
Meng goed.
Laat 15 min staan en rol dan op meel bestrooide oppervlak uit, (nie te dik) en druk af met koekiedrukker.
Sit op gesmeerde bakplaat en bak 10 min tot gaar.
Koel af en pak in lugdigte houer.






