

HAARLOSE GROENVYE
Resep geplaas deur Toekies Rosser
Foto: Kobus van Niekerk
FOOD LOVERS RECIPES
1,5 groenvye
2,5 suiker
14 koppies water
paar naeltjies as jy wil
2 eetlepels suurlemoensap
Sny kruisies in vye, krap swart merkies liggie af indien nodig.
Was vye met lou soutwater af.
Vye word nie geweek of met kalk of koeksoda behandel nie.
Stroop:
Los water in suiker op.
Gooi vye en naeltjies in stroop voordat die stroop kook.
Kook op medium hitte vir een uur vanaf kookpunt.
Laat oornag staan.
Kook volg oggend nog een uur vanaf kookpunt.
Gooi suurlemoensap by so 15 min voordat kooktyd klaar is.
Ek gooi dan ook mespuntjie kopersulfaat by (blou viterjoel) vir mooi groen kleur.
Bottel warm.
Hoef nie kokend te wees nie.






