


GROENTE SWARTPOT BOLLETJIES
Het vanmiddag besluit om ietsie lekker te maak vir my mense.
Vat brooddeeg en rol dit in balletjies. (Ek het my eie deeg gemaak)
Plaas die balletjies in n swartboom pot en sit op n warm plek om te rys. ( onthou om pot te smeer met margerine.
Ek het uie en spinasie en kool fyn gesny en gebraai saam met ‘n halwe blikkie chackalaka en 4 kaas griller worsies wat op gesny was.
Bietjie sout en peper.
Het mengsel bo op geryste bolletjies geskep.
Paar snytjies ham dun op gesny en bo op gesit saam met gerasperde kaas.
In warm oond op 180 grade C gesit en vir n uur lank oop gebak totdat bolletjies gaar was.
Baie lekker.
Foto en resep: Ronel Muller Thoma






