

GIDEON SE “KRAMP” SAMPIOENE
1 pakkie Sampioene in kwarte gesny
2 geklitste Eiers
1t Sout
Olie vir diepbraai
I k Meel
3/4k Droë broodkrummels
1t gemengde Kruie
1t barbecue speserye
Klits die eiers saam met die sout
Maak n mengsel van die broodkrummels die speserye, sout en gemengde kruie
Skud die sampioene eers in die meel in n sakkie doop dit dan in die eier en dan word dit in die krummels gerol
Bak dan vir n paar minute in diep olie tot goudbruin
Ek het agterna n bietjie knoffelsout oorgesprinkel en was heerlik
Resep en foto: Gideon Louw






