


ANGELIQUE SE GEROOKTE EISBEIN
1 Gerookte Eisbein per persoon
3 eetlepels botter
1 pakkie Royco Spare rib marinade, aangemaak soos aanwysings op pakkie
3 eetlepels appelkoos konfyt
125 ml Coke
heavy duty foelie
Voorverhit oond na 180°C.
Sit vleisstuk in oondbak met botter onder in.
Maak ‘n deksel van die foelie en seël oondpan se kante mooi. (Blink kant na onder)
Bak vir 3 ure. Haal uit oond en verwyder foelie.
Met ‘n skerp mes, maak dun snytjies in die vel van die Eisbein reg rondom.
Meng die appelkoos konfyt en coke met die aangemaakte marinade. Bedruip nou kort kort oor die Eisbein soos dit bak, oop sonder foelie vir minstens nog ‘n uur, tot taai en krakerig. Pasop dit brand vinnig so hou dit dop.
Resep geplaas deur Angelique Groenewald






