

TANYA SE SAMPIOEN PASTA
Resep en Foto: Tanya Roos
FOOD LOVERS RECIPES
1 pak skroefie pasta
1 pak sampioene gekerf
500 ml room
1 pakkie knorr chicken á la king
1 teelepel knoffel
2 teelepel growwe swartpeper
1 teelepel pietersielie
Kook skroefie pasta tot gaar. Braai sampioene in ‘n pan met bietjie olie. Voeg die sout, peper, pietersielie, knoffel by en roer dit saam die sampione. Voeg die room by en dan die chicken à la king tot dit romerig raak, moenie die hele pakkie chicken á la King by voeg nie, voeg genoeg by totdat die sous romerig is. Skep die sous oor die pasta en rasper ‘n bietjie kaas oor.
Ps: ek het saam my sampioene ‘n bietjie blomkool stukkies gebraai.






