

ROOIBOSTEE RINGKOEK
Beslag:
2 eiers
5 ml vanilla geursel
125 ml melk
200 ml suiker
425 ml koekmeel
10 ml bakpoeier
1 ml sout
120 ml sagte margarien
Sous:
200 ml sterk rooibostee
175 ml lemoensap
25 ml brandewyn
200 ml suiker
kersies
room
Klits die suiker en margarien saam tot romerig, voeg die eiers een, een by en meng goed.
Voeg die melk en vanilla by en meng deur.
Sif die meel, bakpoeier en sout saam en meng in by die beslag. Meng goed sodat daar geen klonte is nie. Pasop vir “oorwerk”.
Indien die beslag te styf is, voeg nog bietjie melk by.
Skep in gespuite ringpan en bak 30 min by 180ºC of tot gaar toets. (Indien jy ‘n waaier oond gebruik, bak teen 170 ºC.)
Laat staan so paar minute in die pan en keer uit op ‘n opdienbord.
Verhit sous bestanddele saam. Druk gaatjies in die koek met ‘n tandestokkie en skep warm sous oor warm koek. Laat die sous lekker intrek, so skep maar stadig en wag voor die res van die sous oorgesit word.
Versier met kersies en room.
Enjoy!
Foto: Rina Kleinhans







geskuif