

PETRO SE GEURIGE MAALVLEIS
Aandete vroeg klaar…
1 kg beesmaalvleis
2 ui, gekap
5 ml gekneusde knoffel
250 ml beesvleisaftreksel, opgelos in 250 ml water
2 x 410 g blikke gekapte tamaties
1 x 50 g tamatiepasta
30 ml bruinsuiker
20 ml gekapte vars basilkruid
10 ml sout
2 lourierblare
30 ml Worcestershire sous
Verhit olie braai uie en knoffel en braai die maalvleis tot verbruin.
Voeg die res van bestanddele by,
Prut 1 tot 1½ uur lank tot die vloeistof goed ingedamp is.
Strooi kaas oor. Bedien saam met spagetti.
Nota:
Jy kan maalvleis ook afkoel en vries vir 2 tot 3 maande en gebruik, hierdie noem hulle Kamma spaghetti en bolognese.
Foto en resep geplaas deur Petro van Genderen






