

FRIKKADELLE MET BLOMKOOLRYS EN FETAKAAS
1.5 kg maalvleis
500 g blomkoolrys
3 wieletjies feta kaas, fyn gedruk
2 eiers
1 pakkie beesstertsop
1 ui fyn, gekap
5 ml knoffel
5 ml matige kerrie
5 ml sout
peper na smaak
Hier het ek verskeie souse saam gemeng. Ek het na smaak bymekaar gegooi.
mild Salsa
5 ml tamatiepasta
sterk blatjang
Monkey gland sous
Soyasous
Meng alles saam, gooi 250 ml van die sous by die maalvleis mengsel.
Maak die frikkadelle.
Bak frikkadelle vir 30 min by 180°C.
Ek het dit met kapokaartappels en skorsies bedien.
Resep en foto: Elna Erasmus







Geskuif