CORA SE MUFFIN PIZZA’S
My deeg vir pizza is:
3 koppies meel
3 teelepels bakpoeier
Sif dit saam in ‘n mengbak en maak ‘n holte.
Meng in ‘n maatbeker:
1 koppie melk
100 ml olie
Voeg dan die melk/olie by die meel en meng tot ‘n deeg.
Gooi op ‘n meelbestrooide werksplank en knie of druk met die handpalm tot ‘n hanteerbare deeg.
Ek breek bolletjies af en rol sirkels.
Ek smeer ook die sous op:
60 ml tamatiesous
45 ml olie
45 ml warm water
Meng dit en smeer op basis. Sit op pizza waarvan jy hou.
Bak in oond by 180°C vir 15 tot 20 min.
Resep en Foto: Cora Naude