

ALTA SE SAGOPOEDING
1 koppie sago (week in water vir +-1 uur)
4 koppies melk
1 blik Ideal melk
Knippie sout
1 eetlepels botter
3 eiers (geskei)
1 koppie suiker
1 teelepel vanilla
½ teelepel kaneel
Bring die melk, Ideal melk, sout en botter tot kookpunt. Gooi die water af van die sago nadat dit vir 1 uur geweek het. Voeg die eiergele, suiker en vanilla by die sago. Voeg dit by die melkmengsel op die stoof. Laat prut tot sago sag en gaar is. (Ongeveer 15-20 min) (Ek het hier so bietjie maizena (+- 2t) met bietjie melk gemeng en bygevoeg. Net om dit lekker dik te maak. ) laat goed deur kook – Voeg die kaneel by en roer goed deur. Klits die eierwitte styf en vou in by die sago. Bedien warm of koud.
Resep geplaas deur Alta Lubbe
Foto: Alta Lubbe






