

ADAM SE PATAT- EN FETASLAAI
3 medium grootte jewel patats geskil en in blokkies gesny
4 (of meer) knoffeltoontjies in stukkies gesny
2 eetlepels vars fyngekapte kruisementblare
2 fyngemaakte knoffeltoontjie (apart)
2 eetlepels rooi wynasyn
3 eetlepels olyfolie.
1 ring of skyf fetakaas in blokkies gebreek.
sout na smaak
Kook die patats in gesoute water tot dit net begin sag word. Hou maar dop want die een oomblik voel dit nog hard en die volgende oomblik is dit te sag. Dreineer en laat afkoel. Meng die rooi wynasyn, 2 eetlepels olyfolie, die kruisement blare en die fyngemaakte knoffel in ‘n houertjie, skud dit deeglik en plaas in die yskas vir ten minste 30 minute.
Verhit een eetlepel van die olyfolie in ‘n pan en braai die patatblokkies en die knoffel saam oor medium hitte tot die knoffel begin verbruin. Plaas dit, saam met die olyfolie in die pan, oor in ‘n opdienbak. Giet die sous oor en meng versigtig deur. Sprinkel die fetablokkies bo-oor. Garneer met kruisementblaartjies, indien verkies.
Resep geplaas deur Adam Cloete
Foto: Adam Cloete.






