

AARTAPPELSLAAI MET GRASUIE
Heerlike aartappelslaai om saam met die naweek se braaivleis te geniet!
Maak 6 porsies
6 groot aartappels
1 ui, baie fyn gekap
4 agurkies, baie fyn gekap
500 ml (2 koppie) mayonnaise
187 ml (¾ koppie) kondensmelk
5 ml (1 teelepel) witasyn
knypie sout
6 grasuie, gekap
Kook aartappels in water met genoeg sout tot mes se punt gemaklik daardeur kan steek.
Dreineer en laat aartappels afkoel.
Trek skille af en sny in blokkies.
Meng ui, agurkies, mayonnaise, kondensmelk, asyn en sout, en roer by aartappels.
Sit koud saam met gekapte grasuie voor.
Wenk:
Kondensmelk kan ook met 125 ml (½ koppie) strooisuiker vervang word. Roer strooisuiker by mayonnaise, laat ’n bietjie staan tot suiker opgelos is en meng goed.
Resep geplaas deur Annelize de Bruin
Foto: Annelize de Bruin






