

AARBEI EN PIESANG GLADDEJANTJIES
Heerlike gesonde gladdejantjie vir ‘n vinnige ontbyt of sommer net ‘n peuselhappie.
150 g aarbeie
70 g piesang
175 g vetvrye aarbei joghurt
heuning na smaak
ys
Haal die blaartjies van die aarbeie af en was die aarbeie af.
Skil en sny die piesang.
Plaas die piesang, aarbei en jogurt in ‘n versapper en pols tot glad.
Voeg ys by en pols tot glad.
Voeg heuning by en pols ‘n laaste keer.
Indien jy nie haastig is nie, kan jy die vrugte vries en die ys elimineer. (Ek verkies dit so… heerlik dik)
FOTO EN RESEP: Leandri Potgieter






